Gaan na inhoud

Pawel Doerof

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pawel Doerof

Pawel Walerjewitsj Doerof (Russies: Па́вел Вале́рьевич Ду́ров; gebore 10 Oktober 1984) is 'n Russiese sakebestuurder, entrepreneur en belegger wat 'n medestigter en die hoof uitvoerende beampte van Telegram Messenger Inc. is.[1] en 'n medestigter van die sosiale netwerk-webwerf VK (kort vir sy oorspronklike naam VKontakte; Russies: ВКонтакте, wat InKontak beteken). Sedert 2021 het hy burgerskap in vier lande: Rusland, Saint Kitts en Nevis, die Verenigde Arabiese Emirate en Frankryk.

Doerof is in 2023 op die Forbes lys van miljardêrs genoteer, met 'n netto waarde van $11,5 miljard. Sy fortuin word grootliks gedryf deur sy eienaarskap van Telegram.[2] Op 25 Augustus 2024 was Durov die 120ste rykste persoon ter wêreld, met 'n netto waarde van $15,5 miljard, volgens Forbes.[3] In 2022 is hy deur Forbes erken as die rykste buitelander in die Verenigde Arabiese Emirate.[4] In Februarie 2023 het die Arabian Business hom as die magtigste entrepreneur in Dubai aangewys.[5]

Op 24 Augustus 2024 is Doerof in Frankryk gearresteer op kriminele aanklagte wat verband hou met 'n beweerde gebrek aan inhoudmoderering op Telegram en weiering om met die polisie te werk, wat die verspreiding van kriminele aktiwiteite moontlik gemaak het.[6][7]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Why Telegram has become the hottest messaging app in the world". The Verge. 25 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2016.
  2. "Forbes Billionaires 2023: The Richest People In The World". Forbes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Maart 2024. Besoek op 19 Maart 2023.
  3. "Forbes Billionaires 2024: The Richest People In The World". Forbes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2012. Besoek op 19 Maart 2023.
  4. "With $15.1B, Pavel Durov Is The Richest And Youngest Billionaire In The Middle East". Forbes Middle East (in Engels (VSA)). 17 April 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2023. Besoek op 14 Februarie 2023.
  5. "Dubai 100: Meet the 100 people you need to know in the emirate". Arabian Business. 8 Februarie 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2023. Besoek op 10 Februarie 2023.
  6. Mackintosh, Thomas; Vernon, Will (24 Augustus 2024). "Telegram CEO Pavel Durov arrested at French airport". BBC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2024. Besoek op 25 Augustus 2024.
  7. How Telegram’s Founder Went From Russia’s Mark Zuckerberg to Wanted Man New York Times, 26 Augustus 2024
  翻译: